Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tuinier vas kort ná moord op vrou in Pearly Beach
Micky de Froe, wie se lyk Donderdagoggend in haar huis in Pearly Beach gevind is,Foto: Facebook

Enkele ure nadat die lyk van ’n vrou Donderdagoggend in haar huis in Ridgestraat in Pearly Beach, naby Gansbaai, gevind is, is ’n man in verband met haar dood in hegtenis geneem.

Net sowat vier ure nadat die lyk van die 56-jarige Micky de Froe omstreeks 10:00 gevind is, het polisielede van die honde-eenheid dié man in die Eluxolweni-woonbuurt, Pearly Beach, in hegtenis geneem.

Bronne op Gansbaai het Vrydag gesê De Froe se beursie, selfoon en ander persoonlike items wat gesteel is, is ook gevind.

Sy het glo verskeie messteke gehad en is ook met ’n hamer geslaan.

Die bronne het gesê die vermeende moordenaar was glo ’n voormalige tuinwerker van De Froe.

Die man is glo Vrydagoggend deur speurders wat die moord ondersoek, na die toneel gebring. Die polisie hoop glo dat hy ’n bekentenis sal doen.

Brig. Donovan Heilbron, groepspolisiehoof van Hermanus, sê die verdagte was De Froe se tuinier en hulle het glo gestry oor geld wat sy hom geskuld het.

Op die Facebookblad Wie Maak vir Gansbaai Lekker?? het inwoners van Gansbaai en omgewing sedert Donderdagoggend hul medelye oor De Froe se dood, asook hul misnoeë oor die moord uitgespreek.

Een vrou het gesê dat De Froe eintlik op Pringlebaai woon, en dat die huis waarin sy in Pearly Beach vermoor is, haar vakansiehuis is.

Meer oor:  Pearly Beach  |  Micky De Froe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.