Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee geskiet by taxistaanplek in Kaapstad

Die polisie ondersoek ’n skietvoorval Woensdag by ’n taxistaanplek in Eersterivier, Kaapstad, waarin een man dood en ’n ander gewond is.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 35-jarige man by die taxistaanplek op ’n parkeerterrein oorkant ’n winkelsentrum doodgeskiet is.

Nog ’n man (24) is ook in die voorval gewond.

’n Klag van moord en poging tot moord word ondersoek.

Dit volg ná ’n skietvoorval Dinsdagoggend in die nabygeleë gebied van Austinville, Blackheath, waar twee mans ook doodgeskiet is.

Patrick Cosani (49), voorsitter van die Blackheath-Malibu Taxivereniging, is 06:00 buite sy huis geskiet, waarna ’n 24-jarige man oorkant ’n vulstasie in Buttskopweg geskiet en aan sy wonde dood is.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het Cosani se skietdood sterk veroordeel en Dinsdag gesê dat hy dringend ’n vergadering met die taxivereniging Santaco aangevra het.

Volgens Madikizela loop die Blackheath-Malibu-gebied deur onder onwettige operateurs wat glo roetes oorneem, wat tot geweld en spanning tussen taxiverenigings gelei het.

* Enigiemand met inligting oor die skietvoorval Woensdag in Eersterivier kan speursers. Wayne Woodward by

072 368 0079 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak

Meer oor:  Taxi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.