Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee lyke in vlak grafte buite Bolandse dorp aangetref

’n Man is in hegtenis geneem nadat die lyk van ’n 20-jarige vrou in ’n informele nedersetting buite Wolseley aangetref is.

Brig Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê inwoners het die polisie Saterdag omstreeks 23:00 ingelig oor verdagte optrede in die Pine Valley-omgewing. Mense het opgelet hoe ’n man iets sleep. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ’n vrou se lyk aangetref.

’n Man wat in die omgewing woon, is daarna in hegtenis geneem.

Die polisie is Sondag weer na die gebied ontbied nadat ’n verbyganger ’n vlak graf in die veld buite die nedersetting opgemerk het.

“Met die hulp van die forensiese patologiese dienste is die lyk van ’n vrou opgegrawe.

Verdere ondersoek deur die polisie het gelei tot die ontdekking van nog ’n graf in die omgewing. Niks is nog bekend oor die lyk wat daaruit gehaal is nie, sê Potelwa.

Die polisie, waaronder die K9-eenheid, speurders en vingerafdrukkenners was Sondagmiddag nog op die toneel.

Mense met inligting oor die identiteit van die oorledenes of wat tot hul dood gelei het, word versoek om sers. Pieters van die Wolseley-polisie te bel. Sy nommer is 079 894 0195.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.