Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee plaasaanvalle op een dag in Vrystaat

’n Bejaarde vrou, asook ’n sakeman en sy vrou, is op een dag onderskeidelik in twee plaasaanvalle in die Vrystaat, een buite Sasolburg en die ander buite Odendaalsrus, aangeval.

Die bejaarde vrou, ’n Lesotho-burger wat nie haar naam bekend wil maak nie, is Vrydagaand in haar huis op die plaas van die bekende boer Jan Bezuidenhout aangeval.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê vyf mans het Vrydagaand by haar huis op die plaas Esparanza buite Odendaalsrus opgedaag en gesê sy moet die deur vir hulle oopsluit.

Die vrou het geweier, waarna twee mans met klapmusse aan deur ’n venster geklim het.

Thakeng sê nog drie mans het die huis ingekom en die vrou met vuurwapens gedreig en geld by haar geëis.

Sy het R600 wat sy by haar gehad het, aan hulle gegee.

Thakeng sê die mans het haar glo gedreig en gesê hulle sal haar doodmaak as sy ’n geluid maak. Hulle het ook van haar kos gevat en daarna te voet gevlug.

’n Sakeman en boer, Allen Peeters, en sy vrou, Louise, is Vrydagmiddag op ’n plaas buite Sasolburg aangeval.

Volgens Herman van Wyk van die Koepel-gemeenskapspolisiëringsforum (KGPF) was al ses die aanvallers gewapen. Hulle het Peeters buite sy huis oorval.

Die mans het polisieglimbaadjies aangehad en een van die voertuie, ’n bakkie, waarmee hulle gery het, het volgens plaaswerkers ’n polisienommerplaat gehad.

“Vyf van hulle het handwapens gehad en een ’n aanvalsgeweer,” sê Van Wyk.

Die mans het Peeters by die huis ingedwing, aangerand en met ’n kabelbinder gewurg. Hy het volgens Van Wyk ’n paar keer sy bewussyn verloor.

Louise het intussen van Sasolburg teruggekeer en die mans het haar ook oorval en vasgebind.

Die rowers het volgens Van Wyk ’n kleinerige bedrag geld, juweliersware en vyf vuurwapens gebuit.

Peeters is ook ’n sportskut.

Die rowers het in ’n Toyota-bakkie met die polisienommerplaat daarop en ’n silwergrys Toyota Fortuner met ’n Gauteng-nommerplaat weggery.

Nog niemand is in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Odendaalsrus  |  Sasolburg  |  Sakeman  |  Misdaad  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.