Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyke van twee seuns van Bethlehem opgespoor
Moratehi Radebe (14) het saam met ’n maat verdrink nadat hulle buite Bethlehem verdwyn het. Foto: Verskaf
Siphiwe Mlangeni (14), ’n leerling van die Nthute Primary School, het saam met ’n maat verdrink.Foto: verskaf

Die polisie het Donderdag ’n tweede lyk uit die Liebenbergsvleirivier by Bethlehem gehaal nadat twee seuns vroeër vermis geraak het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Siphiwe Mlangeni (14) se pa het hom uitgeken.

Dít volg nadat Siphiwe se skoolvriend Moratehi Radebe (14) se lyk Woensdagmiddag uit die rivier gehaal is.

Die polisie het nie aanvanklik by die rivier na die vermiste seuns gesoek nie. Nadat inligting uit die gemeenskap opgevolg is, is die soektog daarheen uitgebrei.

Polisieduikers het die soektog in die water onderneem.

Siphiwe en Moratehi wou saam met nog ’n seun gaan kruie pluk in ’n oop veld naby die rivier toe hulle weggeraak het.

Die twee seuns sou ’n maat by die veld ontmoet, maar het nooit daar opgedaag nie.

Makhele sê daar sal lykskouings op die seuns gehou word om vas te stel waaraan hulle dood is.

Hulle was leerlinge van die Nthute Primary School in Bohlokong, ’n township van Bethlehem.


Meer oor:  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.