Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee transito-rooftogte in Gauteng

Die polisie het bevestig dat ’n geldwa Maandag opgeblaas is by Diepsloot in Johannesburg.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê ’n onbekende aantal verdagtes het glo plofstof gebruik om die wa op te blaas.

Emer-G-Med-ambulansdienste het Maandagmiddag by die toneel opgedaag om hulp te verleen.

Volgens Emer-G-Med is daar ook op die veiligheidswagte geskiet nadat die geldwa opgeblaas is.

Twee veiligheidswagte is lig beseer in die oor-en-weer-skietery.

Volgens onbevestigde inligting het die verdagtes van die toneel gevlug in ’n silwer Ford Ranger en ’n BMW waarvan die kleur nie bekend is nie.

Ongeveer dieselfde tyd is nog ’n geldwa glo naby Rosslyn in Pretoria naby die N4-snelweg beroof.

Muridili kon nie dadelik die inligting bevestig nie.

Meer oor:  Diepsloot  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.