Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee vas met 167 renosterhorings in hul besit

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle Saterdag met 167 renosterhorings in hul besit gevang is.

Die twee mans, 57 en 61 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof op Brits verskyn.

“Ons is besig om vas te stel hoeveel die renosterhorings werd is en waar die twee dit gekry het,” sê brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke.

Hy wou nie sê of die verdagtes Suid-Afrikaners is of nie.

“Die ondersoek is baie sensitief. Ek wil nie te veel inligting verklap wat die saak kan beïnvloed nie.”

Luidens ’n mediaverklaring van die Valke het sy eenheid vir bedreigde spesies saam met ’n spesiale taakmag, die opsporingsmaatskappy Tracker en die veiligheidsmaatskappy Vision Tactical gewerk om die twee mense in hegtenis te neem nadat hulle inligting ontvang het dat ’n voertuig van ’n kusgebied “ ’n aansienlike hoeveelheid renosterhorings vervoer.

“Die voertuig is in die Hartebeespoortdam-gebied gevind.”

  • Mense wat enige inligting oor renosterstropers het, kan CrimeStop by 08600 10111 skakel.
Meer oor:  Valke  |  Brits  |  Stropers  |  Renosterhorings  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.