Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee vas oor diefstal toe boer weg is
Die polisie het op die gesteelde items beslag gelê toe hulle twee plaaswerkers van Bultfontein aangekeer het. Foto: Verskaf

Twee plaaswerkers van die Bultfontein-omgewing verskyn Maandag in die dorp se landdroshof nadat hulle na bewering hul werkgewer besteel het terwyl hy op vakansie was.

Die twee mans, 26 en 30 jaar onderskeidelik, is verlede week in hegtenis geneem kort nadat hulle na bewering verlede Sondag by die plaashuis op die plaas De Bruinspark ingebreek terwyl die boer op vakansie was.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die boer het die voorval by die Bultfontein-polisiekantoor aangemeld nadat hy ingelig is daar is by sy huis ingebreek.

Die vermeende inbrekers het glo vier selfone, ’n vuurwapen en ammunisie, flitsligte, drank en klere gesteel en is in besit van sommige van die items betrap toe hulle aangekeer is.

Die waarde van die gesteelde items beloop glo sowat R26 300.

Volgens Thakeng het die mans, wat op die plaas werk, geweet waar die huissleutel gehou word en het hulle dit gebruik om toegang tot die huis te kry.

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiëringsgebied, het die reservis-konstt. Moeketsi Tshosane en Thembekile Fepane sowel as die inwoners geloof vir hul goeie werk.

Meer oor:  Bultfontein  |  Plaas  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.