Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee vas oor perlemoen van R2,7 miljoen

Twee verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 36 is in Brackenfell in hegtenis geneem nadat op perlemoen ter waarde van R2,7 miljoen beslag gelê is.

Zinzi Hani, woordvoerder vir die Valke, sê hul eenheid vir ernstige misdade, tesame met misdaadintelligensie-beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye, gaan voort om die opskiet van onwettige perlemoengeriewe hok te slaan.

Die gesamentlike span het ’n soektog by Willow Creek in Brackenfell van stapel gestuur en 15 837 eenhede gedroogde perlemoen van 376,3 kg gevind.

“Dit het ’n straatwaarde van R2,7 miljoen,” sê Hani.

Die twee verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof by Kuilsrivier verskyn op aanklagte wat verband hou met die onwettige handel in perlemoen en die bedryf van ’n onwettige perlemoenprosesseringsaanleg.

Perlemoen ter waarde van R2,7 miljoen is Dinsdag gekonfiskeer. Foto: Verskaf
15 837 eenhede gedroogde perlemoen is gevind en twee verdagtes is in hegtenis geneem. Foto: Verskaf
Meer oor:  Zinzi Hani  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.