Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee vas oor pille, ID’s, Sassa-kaarte en kontant

Bondels geldnote, 129 bankkaarte van verskeie banke, ID’s en Sassa-kaarte is in besit van twee verdagtes in Kaapstad gekry.

Die polisie het Woensdagaand op ’n wenk gereageer en twee verdagtes van onderskeidelik 52 en 32 jaar oud in Nyanga aangekeer.

Kapt. F.C. van Wyk, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê daar is ook 4 032 Mandraxtablette in hul besit gekry.

Die 52-jarige verdagte sou Donderdag in die landdroshof in Philippi verskyn het, en die 32-jarige – by wie daar ook ’n onwettige vuurwapen en ammunisie gekry is – sal volgende week in die Athlone-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die Wes-Kaapse polisiehoof, het die polisiebeamptes geloof vir hul werk in die gebied en hy het ook die publiek bedank wat die polisie inlig in geval van verdagte situasies.

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.