Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee voor wat polisielede glo van R130 000 beroof

Twee Bloemfonteiners wat glo twee weke gelede twee polisielede van die misdaadintelligensie-eenheid op die Bultfontein-pad van meer as R130 000 beroof het, sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

Simon van Wyk

Simon van Wyk (47) en Relebohile Patience Ntliziywane (32) het Maandag vlugtig in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van gewapende roof en bedrog verskyn.

Hulle is Vrydag by hul huise in onderskeidelik Heidedal en Bloemanda deur die Valke, misdaadintelligensie-eenheid en die taktiesereaksie-eenheid in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, spruit hul hofverskyning uit ’n voorval op 31 Mei toe twee lede van misdaad-intelligensie in Welkom geld van die geheime diensrekening in Bloemfontein gaan haal het.

Relebohile Patience Ntliziywane

Nadat die lede op pad terug was met die geld, is hulle sowat 16 km buite Bloemfontein op die Bultfontein-pad deur die verdagtes in ’n wit sedan sonder nommerplate afgetrek.

“Nadat die lede gestop het, het die verdagtes ’n vuurwapen op hulle gerig en die geld geëis.”

Hulle het daarna die kattebak van die staatsvoertuig oopgemaak en ’n swartsak met R134 000 daarin gevat. Hulle het ook na bewering die lede se drasak en selfone gebuit.

Daarbenewens het hulle een van die lede se bankkaart geneem en dit ná die rooftog gebruik.

Die polisie het op ’n Wit Golf GTI wat in die rooftog gebruik is, beslag gelê.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Landdroshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.