Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Twee Zim-vroue vas nadat Valke plofstof kry

Twee vroue het Woensdag vir die onwettige besit van plofstof en oortreding van die Immigrasiewet in die landdroshof in Thohoyandou in Limpopo verskyn.

Elizabeth Musii (41) en Endlorene Mpangeri (27), twee Zimbabwiërs, sal tot 9 Maart in aanhouding bly vir verdere ondersoek nadat die Valke die plofstof by die vroue gekry het.

Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê die Valke het Woensdag ’n wenk ontvang van twee Zimbabwiese vroue wat plofstof by hulle gehad het wat bestem was vir Gauteng.

“Die twee vroue is in een van die lodges in Thohoyandou gesien en hul bewegings is die heeltyd dopgehou.”

Net toe die verdagtes ’n bus na Gauteng wou neem, is hulle aangekeer.

Plofstof ter waarde van R1,2 miljoen is by die vroue gevind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.