Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tweede tienermeisie in 3 weke in dorp vermoor

’n Tweede tienermeisie is in minder as drie weke in dieselfde woonbuurt in Bultfontein vermoor.

Die moord op ’n 15-jarige meisie van die Phahameng-gemeenskap in Bultfontein volg slegs enkele weke nadat ’n 11-jarige meisie in dieselfde buurt na bewering deur haar stiefpa en ’n vriend vermoor is.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die lewelose liggaam van die 15-jarige Tshepo Diphoko is Dinsdagoggend om 08:00 by ’n gevandaliseerde gebou in ’n gemeenskapspark in Phahameng gevind.

“By nadere ondersoek is gesien dat een van haar bene vingermerke op het.

“Dit lyk asof iemand haar met dwang getrek het, wat die merke veroorsaak het. Sy het ook bloedmerke by haar neus gehad.”

Haar vriende het gesê hulle het gesien hoe ’n lang man in ’n blou oorpak met die meisie praat.

Mbambo sê Diphoko is laas lewend gesien toe sy na bewering Maandag die hele dag in die geselskap van haar 18-jarige vriend deurgebring het.

“Die vriend is vir ondervraging ingeneem en is daarna in hegtenis geneem.”

Hy sal binnekort op aanklag van moord op Diphoko in Bultfontein se landdroshof verskyn.

In ’n onverwante voorval is ’n 9-jarige meisie van die Maokeng-woonbuurt in Kroonstad Dinsdagmiddag as vermis aangemeld.

Mbambo sê die meisie, wie se naam aan Netwerk24 en die polisie bekend is, se ma, Lynette Sesele, het haar kind as vermis aangemeld toe sy nie teruggekeer het nadat sy saam met vriende in ’n straat nie ver van hul huis af was nie.

“Sesele het by vriende in die buurt navraag gedoen om te hoor of hulle haar dogter gesien het.

“Haar vriende het gesê hulle het gesien hoe ’n lang man in ’n blou oorpak met die meisie praat. Hulle het na bewering saam na ’n nabygeleë snoepie geloop en nie weer teruggekeer nie.”

Die polisie vra dat enigiemand met inligting oor die meisie se verdwyning die ondersoekbeampte, kapt. Mamohale Sompane, by 082 854 7547 kontak.

Meer oor:  Bultfontein  |  Moord  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.