Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tweeling geskiet: Polisie naby sê: 'nie óns gebied'
Mense drom saam buite die Blou Bul-slaghuis waar die twee eienaars doodgeskiet is.Foto: Simvuyele Mageza

Polisiebeamptes het Maandagoggend glo geweier om te help toe tweelingbroers sowat 100 m van hulle af in hul slaghuis naby die stasie in Pretoria beroof en doodgeskiet is.

Die vyf polisielede het glo beweer die slaghuis val nie in hul “jurisdiksiegebied” nie.

Die eienaars van die Blou Bul-slaghuis, José en Joah de Abreu, is in die rooftog doodgeskiet.

William Mochase, ’n werknemer van die slaghuis, sê hy het Maandag oudergewoonte om 06:00 by sy werkplek in Paul Krugerstraat, tussen Jeff Masemola- en Scheidingstraat, aangekom. Hy en ’n kollega wat reeds daar was, het oor die afgelope naweek begin gesels.

“Twee mense het ingekom. Ons het gedink hulle wou iets koop. Een het reg langs my kom staan. Ek het gedink hy wou lugtyd by die toonbank koop,” het Mochase gesê. Hoewel hy net twee rowers gesien het, het dit later geblyk dat daar vyf was.

“My kollega, wat by toonbank gestaan het, het begin skree. Voordat ek kon omdraai om te kyk wat aangaan, het die mans my geslaan en gedwing om op die grond te lê.

Ek was so bly om te sien daar staan vyf polisielede sowat 100 m van ons af. Ek het verduidelik wat gebeur het maar hulle het gesê ek moet 10111 of die Pretoria Sentrale-polisiekantoor skakel. Hulle kon nie help nie want dit was buite hul jurisdiksie.
William Mochase, ’n werknemer van die slaghuis

“Hulle het geskiet en geskreeu. Ek weet nie in watter rigting (hulle geskiet) het nie. Ek was so bang. Ek het gedink ek gaan vandag sterf.”

Volgens Mochase was dit binne ’n paar sekondes stil. Hy het opgestaan om sy kollega en De Abreu-broers te soek.

“José se rug het gebloei. Ek het uitgehardloop om hulp te kry.

“Ek was so bly om te sien daar staan vyf polisielede sowat 100 m van ons af. Ek het verduidelik wat gebeur het maar hulle het gesê ek moet 10111 of die Pretoria Sentrale-polisiekantoor skakel. Hulle kon nie help nie want dit was buite hul jurisdiksie.

“Ek het nog nooit so magteloos gevoel nie.”

Toe Mochase na die slaghuis terugkeer, was die broers dood.

Charmaine Julius, ook ’n werknemer van die slaghuis, het gesê sy kan nog nie glo wat gebeur het nie.

“Hulle was wonderlike mense. Ek werk al amper 11 jaar hier en ek kan met alle eerlikheid sê hulle was wonderlike mense,” het sy gesê.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het die rooftog en moorde bevestig.

“ ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat vyf mense voorgegee het dat hulle klante is,” het sy gesê.

“Hulle het vuurwapens gerig op die mense wat reeds binne die gebou was en die twee eienaars doodgeskiet. ’n Bruin boks met ’n onbekende bedrag geld is gebuit.

“Hulle het in twee Mercedes-Benz-motors gevlug.”

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is nie bewus van bewerings dat polisielede op die toneel geweier het om te help nie, maar ondersoek sal gedoen word.

Meer oor:  Pretoria  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.