Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Tzaneen: 3de plaasaanval in 2 weke
Foto ter illustrasie. Foto: Gallo Images

In die derde plaasaanval binne twee weke in die Tzaneen -omgewing in Limpopo is ’n egpaar en hul kleinseun deur ’n gewapende man oorval.

Fanie Meyer (78) en sy vrou, Elsa (70) is Donderdagmiddag laat op die Charles Luther-plaas in die Ofcolaco-distrik aangeval. ’n Kleinseun (9) van hulle was ook in die huis.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n 32-jarige man is in hegtenis geneem.

Fanie en sy kleinseun het dit reggekry om uit die huis te ontsnap. “Hulle kon die polisie bel,” sê Ngoepe.

Die aanvaller het Elsa toe glo as gyselaar aangehou.

Ngoepe sê ná onderhandelings met die man het hy Elsa laat gaan en homself aan die polisie oorgegee.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê hulle is na die plaas ontbied en het die polisie en plaaswagte daar gekry.

Boere van Tzaneen en Letsitele het blitsvinnig reageer toe hulle van die voorval gehoor het.

Volgens Meiring is die Meyer-egpaar en die seun slegs lig beseer. Hulle is na ’n nabygeleë hospitaal geneem om ondersoek te word.

Ngoepe sê die verdagte sal die Paasnaweek agter tralies deurbring en Dinsdag in die landdroshof in Lenyenye op aanklagte van ’n huisrooftog, poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieërde vuurwpanen verskyn.

* Vroeër Donderdagoggend is Jacobus Nell (52) en sy vrou op die plaas, Darina, op die pad na die Eilandvakansieoord deur twee mans aangeval.

Brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Nell gaan aangekla word weens nalatigheid van die Vuurwapenwet. Die twee aanvallers het Nell se jaggeweer, waarvoor hy glo nie ’n lisensie het nie, gesteel. Hulle het ook ’n TV, DVD-masjien en twee selfone gesteel.

Die twee mans is steeds soek.

Sowat twee weke gelede is Christelle van der Merwe (39) in haar gesig geskiet op ’n hoewe buite Tzaneen. Sy en haar twee minderjarige dogters was alleen by die huis terwyl haar man, Gert, weg was vir werk.

’n Groep swaar gewapende rowers het die diefwering voor ’n venster oopgebreek. Hulle het die twee meisies met gholfstokke bygedam. Verskeie skote is met ’n 9 mm-pistool geskiet. Een van die opslagkoeëls het Christelle baie naby aan haar regteroog getref. Die oog moes tydens ’n operasie in die Mediclinic Tzaneen verwyder word.

Meer oor:  Tzaneen  |  Plaasaanval  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.