Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Taxi-bestuurder in Vlaklaagte doodgeskiet, buite kliniek gelos

Regstelling:

Daar is verkeerdelik berig dat die bestuurder aan Uber verbonde is. Die polisieverklaring oor die voorval het aanvanklik aangedui dat dit die geval is.

Die polisie het Donderdag by monde van brig. Leonard Hlathi, woordvoerder, gesê die bestuurder is nie aan Uber verbonde nie, maar ’n ander aanlyn taxi-diens. 


Die polisie in Mpumalanga is op soek na die mense wat Vrydag ’n 27-jarige aanlyn taxi-bestuurder in Vlaklaagte, Kwaggafontein, doodgeskiet het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê veiligheidswagte wat Vrydag by ’n kliniek in Vlaklaagte aan diens was, het die hek oopgemaak nadat twee mense in ’n wit sedan om mediese hulp gevra het. ’n Man, later geïdentifiseer as Vincent Nomokonde, wat deeltyds as ’n aanlyn taxi-bestuurder werk, is met skietwonde buite die kliniek gelos waarna die mense weggery het. Hy is later as dood gesertifiseer.

“ ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die sedan, wat deur die verdagtes gebruik is, aan Nomokonde behoort. Die voertuig is later deur die polisie verlate in bosse gevind. Dit het brandskade gehad.”

Die motief vir die moord is onbekend.

Die polisie vra enigiemand met inligting oor die voorval om die ondersoekbeampte, kapt. Thamsanqa Shabalala, dringend by 082 923 0081 te bel, of die Stopmisdaadnommer, 08600 10111 te skakel.

Meer oor:  Kwaggafontein  |  Polisie  |  Kliniek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.