Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Uber-man kry boudskoot toe kliënte hom glo beroof

’n Taxibestuurder van Port Elizabeth is in die boud geskiet toe hy hom Dinsdagoggend in Bethelsdorp teen sy twee kliënte verset het wat hom beroof het.

Die 35-jarige man, wat volgens die polisie ’n Uber-taxibestuurder is, is gedurende die vroeë oggendure tussen 01:00 en 02:00 deur sy kliënte beroof.

Na bewering het die bestuurder twee mans in Bethelsdorp se Uitbreiding 30 ontmoet, waarna hy hulle na Schauderville geneem het.

Die kliënte het egter net kortliks ’n huis besoek en die taxibestuurder versoek om hulle weer na Bethelsdorp terug te neem.

Volgens kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het die taxibestuurder die twee mans in Armeria-rylaan afgelaai en betaling vir sy dienste geëis.

“Die een man het die motor verlaat en aangevoer hy het sy beursie in die huis vergeet en hy gaan dit haal.

“Verder word beweer dat die taxibestuurder sy motor parkeer het en is kort daarna deur een van die insittendes met ’n vuurwapen gedreig en gedwing om uit die motor te klim,” het Rheeder gesê.

Die tweede man het intussen geld, ’n selfoon en die motor se sleutels uit die taxi verwyder.

Die taxibestuurder het glo gegryp na die vuurwapen wat op hom gerig was, waarna ’n stoeiery tussen hom en die gewapende man ontstaan het.

Volgens Rheeder is ’n skoot gedurende die stoeiery afgevuur en die taxibestuurder is in die boud raakgeskiet.

Kort nadat die skoot afgevuur is, het die twee mans weggehardloop.

Die taxibestuurder is na ’n plaaslike hospitaal geneem en die polisie is van die voorval in kennis gestel.

Rheeder sê dit kom voor asof die twee kliënte wat die taxibestuurder beroof het, later na die toneel teruggekeer het om die taxi te probeer steel, aangesien die motor ’n paar meter verder van die toneel verlate aangetref is.

Sake van poging tot moord en motorkaping word ondersoek.

Rheeder het gesê die polisie het ’n toename van soortgelyke sake ontvang waar taxibestuurders deur hul kliënte beroof word en het taxibestuurders gemaan om versigtig te wees.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Uber-Drywer  |  Skietvoorval  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.