Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Uber-man masturbeer glo: Vrou koop wapens

Die 20-jarige vrou van Gordonsbaai wat Donderdag ’n angswekkende rit gehad het toe haar Uber-bestuurder glo voor haar gemasturbeer het, is steeds doodbang ná die voorval en het talle items vir selfverdediging aangeskaf.

Dit sluit in ’n handwapen, pepersproei, ’n skokstok en vuisysters om haarself mee te verdedig. Sy is bang die Uber-bestuurder gaan na haar huis terugkeer en haar leed aandoen omdat hy weet waar sy woon.

Die vuisysters wat sy vir haar gekoop het om haar te verdedig.

“Ek kan nie in die aand slaap nie. ’n Privaat sekerheidswag pas ons huis deur die nag op,” vertel sy.

Dit kom nadat sy verlede Donderdag ’n Uber-rit bespreek het van Strand na Gordonsbaai, en die man glo homself gevryf het en onophoudelik na haar gestaar het waar sy in die passasiersitplek van die wit Toyota gesit het.

Sy het oorweeg om uit die bewegende motor te spring, maar het toe koelkop gebly en haar kêrel gebel. Sy het straatname vir hom voorgelees waar hulle verbyry, en hy het vir haar buite hul woonplek gewag.

LEES MEER: Angs groot vir vrou toe Uberbestuurder glo masturbeer

Die bestuurder het glo onmiddellik weggejaag nadat sy uitgeklim het, en sy het in trane uitgebars.

’n Wapen, vermom as ’n haarborsel, is ook een van die items wat sy gekoop het.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksoortredings ondersoek ’n saak van onbetaamlike ontbloting. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder.

Daar word beweer dat hy in Gordonsbaai woon en steeds gereeld in die gebied gesien word, hoewel sy toegang tot die Uber-app volgens ’n Uber-woordvoerder verwyder is.

“Ek sukkel steeds om dit te verwerk, en ek sal heel waarskynlik hulp moet kry. Ek was as kind die slagoffer van seksuele teistering deur iemand na aan my en ek is baie bang dit kan ou wonde oopkrap,” vertel die vrou.

“Ek het gevind dit is beter vir my om deur die dag te slaap, ek voel veiliger. Ek het gelukkig ’n baie goeie ondersteuningsnetwerk en my kêrel is altyd daar vir my.

“Ek wil net hê mense moet versigtig wees en nie in dieselfde situasie beland nie. Ek wil mense waarsku dat ’n mens nie almal kan vertrou nie.”

Meer oor:  Uber  |  Masturbeer  |  Uber-Drywer  |  Wapens  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.