Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Uitsmyterbaas oorleef skietaanval in Durbanville

’n Sakeman- en uitsmyterbaas van Durbanville, Kaapstad, het Sondag in die vroeë oggendure ’n noue ontkoming gehad toe ’n onbekende skieter op hom en sy seun losgebrand het kort nadat hulle ’n eetplek in Durbanville verlaat het.

André Naudé verlede jaar by die landdroshof in Bellville. Foto: Adrian de Kock

André Naudé, vriend- en sakevennoot van die omstrede sakeman Mark Lifman van Kaapstad, het Dinsdag gesê ’n Volkswagen Golf wat tussen sy bakkie en die skieter se voertuig geparkeer was, het waarskynlik sy lewe gered.

Volgens hom het hy en sy seun pas ’n restaurant in Durbanville verlaat toe die skieter vanuit die geparkeerde motor verskeie skote op hom geskiet het.

“Daar is sewe keer op my geskiet. Die Golf wat tussen my bakkie en die kar was, is vol gate geskiet,” sê Naudé.

“Ek het ’n voertuig se deur hoor oopgaan; ’n hand met ’n vuurwapen het oor die dak na my gemik en begin skiet.”

Hy sê hy het om sy bakkie gehardloop terwyl die skieter aangehou skiet het.

Naudé sê hy en sy seun is ongedeerd. “Ek kan nie lekker uit my een oor hoor nie, die een koeël het my oor geskraap en ’n ander koeël het my arm geskraap.”

Sy aanvallers het glo van die toneel af weggejaag nadat hulle besef het dat hy nie getref is nie.

’n Stukkende ruit van die Volkswagen Golf wat tussen die skieter en André Naudé se voertuig geparkeer was. Foto: Verskaf

Naudé sê hy weet wie agter die aanval sit. “Ek weet presies wie dit is.”

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die skietery Sondag omstreeks 01:45 ondersoek word. Sy sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Mark Lifman  |  Kaapstad  |  Durbanville  |  Skietaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.