Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Umdloti wil weet wie 22 blouape vergiftig

Die gemeenskap van die gewilde KwaZulu-Natalse vakansiedorpie Umdloti het ’n volskaalse soektog begin na ’n “moordenaar” van 22 blouape.

Hulle is in beroering nadat iemand verlede naweek die gifstof aldikarb in stukkies bruinbrood gedruk het en vir die ape gevoer het. Op al die bewusmakingsmateriaal verwys hulle na die vrektes as “moorde”.

Altesaam 13 ape is verlede week dood nadat ’n inwoner van Umdloti vir hulle gif in brood gevoer het. Foto: Facebook

Slegs nege van die apies wat die brood geëet het, het oorleef en herstel nou nog by ’n veearts.

Steve Smit, ’n bestuurder van die Monkey Helpline in KwaZulu-Natal, sê daar is gereeld probleme met ape in die gebied.

“Dit gebeur meestal as die ape in mense se huise ingaan. Daarom kyk ons na die ape, en as iemand ’n probleem het, kan hulle ons enige tyd bel sodat ons hulle gaan haal.

“Wat hier gebeur het, is ’n besonder siek bloedbad. Dit is só onregverdig.”

Hy sê die gemeenskap van Umdloti is gewoond aan die sowat 40 ape wat daar woon.

Die skade is ook veel erger as die ape wat gevrek het, want party ape het uit die boom geval saam met kleintjies.

Wat hier gebeur het, is 'n besonder siek bloedbad.

“Die kleintjies het nou wonde aan hul gesigte.”

Sean Pierce, ’n speurder van Coast to Coast Special Investigations, sê hy het reeds ’n verdagte én ’n ooggetuie in die dorp geïdentifiseer.

“Binne ’n week of twee behoort ons teen die persoon op te tree.”

Dr. Gerhard Verdoorn, direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum, sê aldikarb is een van die gevaarlikste gifsoorte, wat intussen verbied is in Suid-Afrika. “Selfs die besit daarvan is onwettig.”

Meer oor:  Dieremishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.