Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Upington: Ontbinde ‘baba-oorskot’ verstop drein

Die oorskot van ’n fetus (of ’n volgroeide baba) is in ’n sak gevind toe ’n munisipale werker in Upington Vrydag ’n verstopping in ’n afvoerpyp wou verwyder.

Die werker was in die omgewing van Lemoendraai besig om aan ’n verstopte drein te werk toe hy op dié erg ontbinde vonds afgekom het. Hy het dadelik die Rosedale-polisie ontbied, het kapt. Gerrit Mouton, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Mouton is dit weens die graad van ontbinding moeilik om te sê of dit ’n volgroeide baba of ’n fetus is.

Ook die geslag kon nog nie vasgestel word nie.

’n Gemeenskapsleier, Stanley Peterson, het op sosiale media sy skok en afgryse oor dié vonds uitgespreek.

“ ’n Baba is in ’n drein gevind. Werkloosheid en dwelms laat mense dié goed doen wat geen normale mens sal doen nie. Ons blameer ander, maar ons kan onsself nie eens help nie.”

Mouton het gesê ’n geregtelike ondersoek word gedoen, en die oorskot is vir ’n lykskouing en forensiese ontleding gestuur.

Enigiemand met inligting word gevra om die Rosedale-polisiekantoor of die ondersoekbeampte, kapt. Kobus Kruger, by 082 575 5491 te kontak.

Meer oor:  Upington  |  Kindermoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.