Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Upington-vrou sterf in koeëlreën voor dogter (10) en ma

’n 10-jarige meisie is erg getraumatiseerd nadat haar ma Sondag in die vroeë oggendure by haar ouerhuis op Upington in ’n koeëlreën voor haar en haar ouma gesterf het.

Samoline Solomons. Foto: Verskaf

Samoline Solomons (35) is omstreeks 01:00 voor haar ouerhuis in Kalsiumstraat in Bellevue ten aanskoue van haar 10-jarige dogter en 67-jarige ma doodgeskiet.

Solomons, ’n konsultant by ’n finansiële instelling, is vyf keer geskiet en het op die toneel aan haar wonde beswyk nadat die 42-jarige verdagte glo op haar losgebrand het. Die man het hom kort ná die voorval aan die polisie oorgegee.

Solomons en haar twee minderjarige kinders, onderskeidelik 10 en agt jaar oud, het tydelik by haar ouers, Sampie (70) en Muriel (67) Loubser, gewoon terwyl sy van haar man geskei het.

David Loubser, Solomons se jonger broer, sê sy susterskind is sedert die voorval stil en toon geen emosie nie.

“Sy is uiteraard erg getraumatiseerd. Sy het ’n foto-album met foto’s van haar ma gemaak.”

Ook Muriel is erg geraak.

“Dit gaan nie goed met haar nie. Sy moes toekyk hoe haar dogter sinneloos voor haar oë vermoor word.”

Volgens Loubser was sy suster ’n liefdevolle, goedhartige en hardwerkende kerkmens wat alles vir haar kinders en ander sou doen.

“Haar liefde vir haar kinders en familie, haar raad en haar plat-op-die-aarde-ingesteldheid is enkele van die eienskappe wat ek van haar sal mis. Sy was ’n goeie mens en ’n goeie ma wat altyd bereid was om ander te help.”

Kapt. Gerrit Mouton, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte het verskeie skote op Solomons geskiet.

“Sy is altesaam vyf keer getref.”

Volgens Mouton het die man hom daarna aan die polisie in Rosedale oorgegee.

Hy verskyn Dinsdag op ’n aanklag van moord in die hof.

Meer oor:  Samoline Solomons  |  Upington  |  Bellevue  |  Doodgeskiet  |  Koeëlreën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.