Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Uyinene Mrwetyana: Dag van rou by UK verklaar

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Woensdag tot ’n dag van rou en aktivisme teen seksuele en geslagsgegronde geweld verklaar ná die wrede moord op ’n UK-student, Uyinene Mrwetyana, alombekend as Nene.

Uyinene Mrwetyana
Die vermoorde UK-student, Uyinene Mrwetyana, alombekend as Nene. Foto: Verskaf

Die 19-jarige student het verlede week spoorloos verdwyn en sedertdien het dit aan die lig gekom dat sy verkrag en wreed vermoor is nadat haar lyk verlede Maandag in Lingelethu-Wes gekry is.

’n Poskantoorwerker van Clareinch het Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn nadat hy skuld beken het.

Die UK se visekanselier, prof. Mamokgethi Phakeng, het in ’n verklaring gesê alle akademiese klasse vir Woensdag word opgeskort en waar toetse of noodsaaklike akademiese aktiwiteite beplan is, sal die nodige reëlings binne departemente en fakulteite getref word.

Volgens die universiteit verwag hulle dat die UK se kanselier, Graça Machel, asook die voorsitter van die UK-raad, Sipho Pityana, in Kaapstad sal wees en Mrwetyana se gedenkdiens sal bywoon.

“Daar is geen twyfel nie dat hierdie tragiese gebeurtenis ons as ’n gemeenskap verpletter het en dat ons bedroef en kwaad is. Baie personeel en studente het hul hartseer op verskillende maniere uitgespreek deur ’n waak te hou en as gebedskringe en kleiner groepies oor die kampus heen byeen te kom.

“Dit is belangrik dat ons as ’n gemeenskap hierdie oomblik erken vir wat dit is – ’n verwoestende voorval van geslagsgegronde geweld wat heeltemal onaanvaarbaar, skokkend en misdadig is en nooit in ons gemeenskap of in ons samelewing moet voorkom nie.

“Ongelukkig is dit ’n feit dat seksuele en geslagsgegronde geweld ’n algemene verskynsel is en dat ons ‘Nene’ slegs een van ’n lang lys vroue en kwesbare en gemarginaliseerde mense is wat daagliks aangerand word.” Die universiteit sê om dié rede het hy ’n #JustNo-veldtog teen geslagsgegronde geweld begin.

Mense word versoek om Woensdag:

* Tussen 09:00 en 11:00 ’n plakkaatbetoging teen seksuele en geslagsgegronde geweld by die kruising van Plein- en Roelandstraat voor die parlement te ondersteun. Betogers word versoek om swart klere te dra en met plakkate te kom.

* Tussen 12:00 en 14:00 sal ’n gedenkdiens op die trappies voor die Sarah Baartman-saal vir Nene gehou word.

* Tussen 14:00 en 16:00 sal UK-personeel en studente ’n “Onthou Nene”-byeenkoms op die plein voor die Sarah Baartman-saal hou.

Die universiteit sê personeel en studente moet Woensdag gebruik om die verlies, hartseer en hul rou te betoon en op te staan ??teen seksuele en geslagsgegronde geweld in die land.

Meer oor:  Universiteit Van Kaapstad  |  Uyinene Mrwetyana  |  Kaapstad  |  Aktivis  |  Geweld Teen Vroue  |  Moord  |  Rou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.