Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke bekyk advokaat se landdrosaansoek vir bedrog

’n Ondersoek na beweerde bedrog en vervalsing teen ’n advokaat van Bloemfontein is steeds aan die gang nadat sy na bewering inligting in haar CV vervals het om haar termyn as waarnemende landdros te verleng.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het bevestig dat adv. Ruwaidah Henney (36) se kwalifikasies ondersoek word.

Adv. Ruwaidah Henney met haar landdrostoga op die agtergrond. Foto: FACEBOOK

Dít kom nadat Henney na bewering ’n brief van die Vrystaatse prokureursorde vervals het om haar termyn as waarnemende landdros in Bloemfontein te verleng.

Sy het tot einde Julie verlede jaar as landdros in die landdroshof in Bloemfontein waargeneem.

Ramovha sê daar is op haar skootrekenaar beslag gelê en dit is vir digitale forensiese ontleding weggestuur.

Transkripsies van haar werkonderhoud vir die aanstelling in dié pos sal deel van die ondersoek wees.

Hy sê daar is nog verklarings van amptenare van die departement van justisie wat steeds uitstaande is.

Nadat die ondersoek voltooi is, sal die direkteur van openbare vervolging (DOV) beslis of die vervolging teen Henney moet voortgaan.

* Die kwessie het in Augustus verlede jaar op die lappe gekom toe ’n landdros snuf in die neus gekry het dat besonderhede in Henney se aansoek nie klop nie.

’n Regspraktisyn moet minstens sewe jaar se hofondervinding hê om as waarnemende landdros aangestel te word en sy het nie die nodige verskyningsbevoegdheid as prokureur gehad nie.

Sy het haar LLB-graad in 2012 verwerf. In 2014 is sy as advokaat toegelaat.

Sy was glo ook nooit by die prokureursorde as kandidaatprokureur of prokureur geregistreer nie.

  • Henney, wat in 2017 as Heidedaller van die Jaar aangewys is, het bekend gestaan as die “pienk advokaat” nadat sy die gemeenskapsprojek Pink Project in Heidedal in Bloemfontein begin het.
Meer oor:  Bloemfontein  |  Advokaat  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.