Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke bekyk nou Durban-ploftoestelle

Die ondersoek na die ploftoestelle wat sedert verlede week in winkelsentrums in Durban gevind is, word nou deur die Valke gehanteer.

Daar is betroubaar verneem dat daar – benewens die vyf ploftoestelle wat in onder meer die Woolworths in die Gateway- en in die Pavilion-winkelsentrum in Durban gevind is, sowel as in twee voertuie in die woonbuurt Berea – daar vroeër ook nog ploftoestelle in die Durban-omgewing gevind is.

Dit is moontlik dat dit gedoen is om mense te intimideer, maar ons kyk na alle moontlikhede.

Vroeg verlede week is ploftoestelle in die Woolworths in Gateway en die Pavilion gevind. Daar is Saterdag nóg ’n toestel in die Woolworths in die Gateway-sentrum gevind. Dié toestel het gelyk soos ’n selfoon wat aan ’n pyp vasgemaak is.

Saterdag is daar twee ploftoestelle onder twee verskillende voertuie in Berea, Durban, gevind. Die eerste toestel is net ná 22:00 onder ’n voertuig gevind wat in Marriotweg geparkeer was.

Die tweede ploftoestel is ongeveer ’n uur en ’n half later onder ’n voertuig gevind wat op die hoek van Avondale- en Milnerstraat geparkeer was.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê die Valke en die polisie werk hard om uit te vind wie die ploftoestelle daar geplaas het.

“Dit is moontlik dat dit gedoen is om mense te intimideer, maar ons kyk na alle moontlikhede.”

Hy sê dat dit in ’n ernstige lig beskou word en dat hulle ’n beroep op mense doen wat weet wie daarvoor verantwoordelik is, om die polisie te kontak.

“Ons kan nie toelaat dat mense die ekonomiese groei van ’n toeristebestemming soos Durban probeer belemmer nie. Dit is ’n ernstige misdryf, nie net teenoor die gemeenskap van Durban nie, maar teenoor die hele Suid-Afrika,” sê Mulaudzi.

Meer oor:  Valke  |  Brig. Hangwani Mulaudzi  |  Durban  |  Ploftoestelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.