Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke bekyk verband tussen dubbelmoorde
Monica en Basil Deniacos
Sakkie en Ina van der Berg

Die Valke ondersoek ’n moontlike verband tussen die moorde op twee bekende egpare wat kort ná mekaar op buurdorpe vermoor is.

Ao. Lynda Steyn, woordvoerder, sê die Valke is “op die spoor” van die verdagtes in die Boshof- en Dealesville-moorde.

Sakkie van der Berg (67) en sy vrou, Ina (62), is die naweek op die plaas Bloubos naby Boshof met ’n stomp voorwerp aangerand en vermoor.

Sowat ses weke gelede is Monica Deniacos (68), ’n DA-raadslid van die Tokologo-munisipaliteit, en haar man, Basil (79), op 31 Mei ook met ’n stomp voorwerp in hul huis in Dealesville doodgeslaan.

In albei gevalle word die egpare se vuurwapens en voertuie vermis.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Steyn sê die Valke ondersoek nou die moontlikheid of dié twee dubbelmoorde met mekaar verband hou.

“Ons ondersoek duur voort. Daar is verwikkelinge in albei sake en ons is warm op die moordenaars se spoor en kan hulle dalk binnekort vastrek,” sê Steyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.