Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke glo hulle het kaperbende se rug gebreek

Nog twee mans wat met ’n berugte kapingsbende verbind word, is die week deur die Valke, die eenheid vir georganiseerde misdaad en die honde-eenheid in Gauteng in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die bende wat oor provinsiale grense heen mense gekaap het, word met minstens 17 motorkapings verbind.

Van die kapings is sedert 2008 in Johannesburg, Kaapstad, die Noordwes en Vrystaat uitgevoer.

Een van die mans, Kevin Morgan, het Woensdag in die landdroshof in Palm Ridge verskyn en is op R1 000 borgtog vrygelaat.

Hy moet weer op 16 Maart in die hof wees.

Jacob January het in die landdroshof Johannesburg verskyn en sal weer op 4 Maart in die hof wees. Hy bly in aanhouding.

Dié twee se inhegtenisnemings volg op dié van Sharief Solomon wat verlede Vrydag deur dieselfde ondersoekspan in Kaapstad in hegtenis geneem is.

Solomon het in Goodwood in die hof verskyn en is nog in aanhouding.

Hy moet weer op 1 Maart in die hof wees.

Mogale sê die staat sal aansoek doen dat die mans se verhore gesentraliseer word sodat almal saam verhoor word.

Hulle word aangekla van motorkapings en die besit van gesteelde voertuie.

Meer oor:  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.