Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke gryp 5 ná bedrog van miljoene met Covid-19-geld

Die Valke het vyf mense vasgetrek in verband met die beweerde bedrog van R5,7 miljoen met die Covid-19-voordeel van die Werkloosheidsversekeringsfonds.

Beslag is ook gelê op vyf voertuie, onder meer ’n Range Rover Evoque en ’n Volkswagen Polo, asook ander goedere wat vermoedelik met die geld gekoop is wat onregmatig in die verdagtes se besit is.

Van hulle is glo familie van mekaar.

Luidens die Valke se verklaring is die klopjag vroeg Saterdagoggend deur Gauteng se eenheid vir ernstige handelsmisdaad gelei.

Die verdagtes, twee vroue en drie mans, wat tussen 25 en 68 jaar oud is, is by verskeie huise in Shoshanguve, Atteridgeville en Mamelodi aangekeer.

Hulle word aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Netwerk24 het vroeër berig ’n saak word ondersoek nadat ’n man glo op sy eie ’n werkgewerprofiel geskep, sy eie bankbesonderhede ingevul en na bewering sowat R5,7 miljoen by die werkloosheidsversekeringsfonds gesteel het.

Die man het die geld blykbaar uit sy rekening na dié van familielede en vriende oorbetaal. ’n Tweedehandse Volkswagen Polo is ook gekoop.

Die vyf verdagtes sal Maandag in die handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die betrokke lede geloof vir die deurbraak in hul ondersoek.

Meer oor:  Bedrog  |  Covid-19  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.