Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke gryp dwelms van meer as R500 000

Lede van die polisie se Valke het in Kaapstad op dwelms van meer as R500 000 beslag gelê, sê kapt. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder.

Hy sê sewe mense van tussen 20 en 60 jaar oud is in hegtenis geneem in ’n gesamentlike operasie van die Valke, misdaadintelligensie en die blitspatrollie nadat die dagga en Mandrax-tablette ontdek is.

Die dwelms waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

Die Valke het op ’n huis in Tafelsig in Mitchells Plain toegeslaan en beslag gelê op die dwelms wat ondergronds versteek was. Dit is in ’n drom op die parkeergebied gekry.

Nog dwelms en ’n onbekende bedrag geld is ook gevind in ’n kluis wat agter ’n skildery teen die muur versteek was.

Hulle sal Maandag op ’n aanklag van handel in dwelms in die landdroshof op Mitchells Plain verskyn.

Meer oor:  Valke  |  Tafelsig  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Klopjag  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.