Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke gryp nog een ná inbraak by hul kantore

Die Valke het Vrydagmiddag ’n tweede verdagte in Kimberley vir ondervraging ingeneem nadat ’n vrou Woensdag vyf jaar tronkstraf opgelê is in dieselfde saak wat handel oor ’n inbraak by die Valke se kantore.

Ter illustrasie

Die saak spruit uit die diefstal drie jaar gelede waarin R183 000 uit die Valke se kluis by hul kantore in Kimberley gesteel is.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê die derde verdagte is vroeër in ’n motorkaping in Mpumalanga dood.

“Ons ondervra die tweede verdagte. Ons weet nog nie of hy aangekla sal word nie.”

Maria Maditlhare Tlailane (34) is Woensdag in die streekhof in Galeshewe aan huisbraak en diefstal skuldig bevind. Sy en haar vermeende makkers het in Julie 2016 by die Valke se kantoor in Kimberley ingebreek en die kluis met ’n hoekslyper oopgesny.

“Tlailane en haar vermeende medepligtiges het by die kantore ingekom deur ’n vroulike veiligheidswag met ’n drankie te bedwelm. Nadat die wag buite aksie gestel is, is die inbrekers na die kantoor waar die kluis was. Hulle het die geld en ander waardevolle items gebuit.

“Die wag is later na die hospitaal gebring vir noodbehandeling,” sê Mnisi.

Meer oor:  Valke  |  Kimberley  |  Kantore  |  Bedrog  |  Vrou  |  Inbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.