Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke keer 5 aan wat zama-zamas kos gee

Die Valke in die Vrystaat het ’n groot slag geslaan toe ’n netwerk vernietig is wat na bewering kos aan onwettige myners, ook bekend as zama-zamas, op die Goudveld voorsien het.

Kapt. Philani Nkwalase sê danksy die ondersoekwerk wat op die netwerk gefokus het, kon die Valke vyf mans Vrydag in hegtenis neem.

Hulle het reeds almal Maandag in die hof in Welkom verskyn en sal in aanhouding bly tot 12 April wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Drank soos bier en likeur is glo ook baie gewild en duur vir zama-zamas om te bekom en word deur die bogrondse kosnetwerke vir die onwettige myners aangekoop en verpak. Foto: SAPD

Zwelandile Mpalampela (48) Zukisani Stemele (26), Thuso Ntuli (51), Hlathi Zawe (61) en Bongani Stone (38) word daarvan aangekla dat hulle voordeel uit ’n onwettige bedryf getrek het en betrokke is by misdaadverwante bedrywe, sê Nkwalase. “Hulle word ook aangekla van sameswering tot ’n misdaad en nog klagte kan by die klagstaat gevoeg word.”

Volgens Nkwalase is ’n veiligheidswag van ’n myngroep in die gebied ook in hegtenis geneem.

Nkwalase sê die kosvoorraad is by wettige verskaffers aangekoop waarna dit deur die mans herverpak en toegedraai is om te verseker dat dit nie beskadig word wanneer dit by ou mynskagte en ventilasieskagte afgegooi word waar die zama-zamas bedrywig is nie. Die kospakkies help die mans om vir lang tye ondergronds te oorleef.

Koeldrank is glo baie gesog by die onwettige delwers en word só verpak voordat dit in borrelplastiek toegedraai word. Foto: SAPD
Kos en koeldrank word in borrelplastiek verpak om te verhoed dat dit beskadig word wanneer dit by mynskagte afgegooi word. Foto: SAPD

Meer oor:  Vrystaat  |  Goudveld  |  Valke  |  Aan  |  Wat  |  Keer  |  5  |  Zama-Zamas  |  Kos  |  Gee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.