Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke lê beslag op R54 m. se dwelms

Die dwelmsmokkelbedryf is Vrydag ’n slag toegedien toe die Valke beslag gelê het op dwelms ter waarde van meer as R54 miljoen.

Gedurende dié intelligensiegedrewe klopjag, wat in Welkom in die Vrystaat en Mayfieldpark in Gauteng uitgevoer is, is drie beskuldigdes vasgetrek.

Luidens ’n verklaring van die Valke is die beskuldigdes ’n tyd lank dopgehou nadat hulle glo op verskeie geleenthede ’n besending dwelms aan ’n polisie-agent verkoop het.

Van die dwelms waarop die Valke in samewerking met verskeie polisie-eenhede Vrydag beslag gelê het.

Die klopjag het Vrydag begin met verskeie polisie-eenhede wat op twee beskuldigdes in Welkom toegesak en in hegtenis geneem het.

Die Valke sê die span het 11 pakke Mandrax gekonfiskeer wat in die twee beskuldigdes se voertuig versteek was. Die dwelms het ’n geskatte straatwaarde van sowat R900 000.

Later Vrydag het die span in Mayfieldpark in Johannesburg toegeslaan en die derde beskuldigde aangekeer. Hier is beslag gelê op 910 000 Mandrax-tablette, 3 kg se tik, asook ’n groot hoeveelheid chemikalieë met ’n waarde van meer as R400 000.

Die Valke het ook op ’n onbekende bedrag kontant beslag gelê wat glo in die besit van ’n beskuldigde in Mayfieldpark in Johannesburg was.

Volgens die Valke het die dwelms wat in Mayfieldpark gekonfiskeer is ’n straatwaarde van sowat R54 miljoen.

Die polisie het ook op vier voertuie en ’n onbekende bedrag kontant beslag gelê.

Die drie beskuldigdes, wat tussen 31 en 54 jaar oud is, sal na verwagting Maandag hul eerste hofverskyning in die onderskeie provinsies maak.

Meer oor:  Gauteng  |  Valke  |  Dwelms  |  Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.