Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke slaan slag met nog ’n perlemoen-vangs

Die Valke se eenheid teen georganiseerde misdaad het Maandag in Kaapstad beslag gelê op perlemoen ter waarde van meer as R1,9 miljoen.

Die Valke, in samewerking met die departement van omgewingsake, bosbou en visserye, het op 8 776 uitgedroogde en 26 uitgedopte perlemoen in ’n gebou in Kewridge, Edgemead, afgekom.

Twee verdagtes sal Woensdag in die landdroshof in Goodwood verskyn op aanklag van die onwettige bedryf van ’n verwerkingsaanleg.

Die afgelope twee maande het die Valke verskeie kere aan die deure van onwettige perlemoenstropers geklop.

Netwerk24 het in Oktober berig oor perlemoen-smouse wat ontwrigting in die hoofstraat van die kusdorpie Kleinmond veroorsaak het nadat die Valke smouse uit die Overhills-gemeenskap in hegtenis geneem het.

Later in Oktober het hulle ook beslag gelê op onwettige perlemoen ter waarde van R15 miljoen in Milnerton en die nywerheidsgebied naby die Kaapstadse lughawe.

Vroeg in November het hulle in Montague Gardens R1 miljoen se perlemoen ontdek.

Meer oor:  Perlemoen  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.