Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke slaan toe op dagga-laboratorium in Kaap

’n Daggalaboratorium is Maandag in Constantia, in die suidelike voorstede van Kaapstad, ontdek.

Die dagga waarop die polisie beslag gelê het.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring lede van die dwelmeenheid (Saneb) en van misdaadintelligensie het Maandag inligting oor dié laboratorium ontvang en ondersoek ingestel.

Lede het ingevolge art. 22(b) van die Strafproseswet opgetree. Ingevolge hierdie artikel kan lede van die polisie ondersoek instel en beslag lê op onwettige goedere sonder dat hulle ’n lasbrief bekom het, maar ’n lasbrief sou uitgereik word indien daarvoor aansoek gedoen is.

“Daggaolie, -plante en -sade, asook chemikalieë is gevind. Daar is ook op rekenaars, laboratoriumtoerusting en R180 000 kontant beslag gelê.”

Nkwalase sê die vermoede is die kontant is uit daggaverkope verdien, maar om dit te bevestig moet daar eers nog ondersoek ingestel word.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Verskeie produkte, waaronder daggaplante, -olie en toerusting, is in die laboratorium gevind.
Verskeie glasbottels met daggaprodukte wat in die laboratorium in Constantia gevind is.
Spesiale toerusting wat in die dagga-laboratorium gevind is.

Meer oor:  Valke  |  Kaap  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.