Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke slaan toe op kantore van maatskaplike ontwikkeling

Die Valke het Donderdag ’n klopjag by die departement van maatskaplike ontwikkeling in Pietermaritzburg uitgevoer.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, sê daar is in die klopjag beslag gelê op verskeie dokumente.

Dié dokumente hou glo verband met ’n ondersoek deur die Valke na beweerde bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (PMFA).

Die Valke het met die ondersoek begin nadat bewerings van korrupsie aan die lig gekom het teen van die departement se senior beamptes. Van die bewerings is dat miljoene rande glo weg is deur organisasies wat gestig is wat glo glad nie bestaan nie.

Verskeie nieregeringsorganisasies (NRO’s) het die afgelope week voor die kantore van die departement van maatskaplike ontwikkeling in Pietermaritzburg betoog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.