Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke snuffel miljoene se kokaïen in KwaZulu-Natal uit
Kokaïen met ’n geraamde straatwaarde van meer as R243 miljoen, versteek onder verskillende handelsmerkname, is Dinsdag deur die polisie in Isipingo in KwaZulu-Natal gevind.Foto: Verskaf

Die polisie het Dinsdag in Isipingo in KwaZulu-Natal beslag gelê op kokaïen, versteek in ’n houer, met ’n geraamde straatwaarde van meer as R243 miljoen nadat lede van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad (die Valke) inligting opgevolg het oor dwelmsmokkelary.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê ’n ondersoek om die skuldiges vas te trek en te verhoed dat nog dwelms die land binnekom, duur voort.

“ ’n Operasie is Dinsdagoggend vroeg deur lede van die Valke, misdaadintelligensie-eenheid en polisiebeamptes van die Durbanse hawe, in East-laan in Isipingo uitgevoer. Dwelmmiddels, wat sowat 541 kg weeg, is in ’n houer gevind wat veronderstel was om dierekos te bevat. Sakke met kokaïen was ook onder ander handelsmerkname versteek,” het hy gesê.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoekers vir hul goeie werk geloof en gesê dit is ’n bewys dat daar georganiseerde dwelmkartels by die vervoer van gevaarlike middels oor landgrense betrokke is.

Meer oor:  Isipingo  |  Kwazulu-Natal  |  Kokaïen  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.