Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke soek getuie ná dodelike skietery in Kaapstad

Die Valke soek na ’n man wat hulle kan help om lig te werp op die skietvoorval waarin konst. Thando Sigcu (38) op 7 Januarie naby Standard Bank in die Heerengracht, Kaapstad, doodgeskiet is.

Rafiek Rinquest (37) is volgens die Valke ’n belangrike skakel in die gebeure wat tot konst. Sigcu se dood gelei het.

Rinquest was ten tyde van die voorval ’n karwag in die Heerengracht-gebied en die Valke beskou hom as ’n belangrike getuie.

Hy het glo saam met ander hawelose mense in die gebied agter of naby die Capetonian Hotel geslaap. Daar word vermoed dat die hawelose mense kort ná die skietvoorval deur wetstoepassingsbeamptes uit die gebied verjaag is.

Rafiek Rinquest, na wie die Valke in Kaapstad op soek is. Foto: Verskaf

Volgens kol. Katlego Mogale van die Valke sukkel hulle sedertdien om vir Rinquest op te spoor, omdat hy nie ’n vaste adres het nie.

Sigcu was aan diens die aand van 7 Januarie toe hy ’n rower in die middestad van Kaapstad wou aankeer.

Volgens Mogale was Sigcu in gewone drag geklee toe hy die rower in hegtenis wou neem.

Metropolisielede het omstreeks 20:30 op die toneel stilgehou en daar was volgens die polisie ’n skietery.

Sigcu is noodlottig gewond en nog ’n beampte en die verdagte is ook raakgeskiet.

Mense met inligting oor waar Rinquest hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, lt.kol. Paul Hendrikse, by 082 411 2089 te bel, of die Stop Misdaadnommer, 08600 10111, te skakel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Rafiek Rinquest  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.