Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke soek man wat dalk betrokke was by rooftog

Die Valke is op die spoor van ’n man wat vermoedelik betrokke was by ’n rooftog waarin drie polisievuurwapens in ’n Oos-Kaapse polisiekantoor gebuit is.

Die Moyeni-polisiekantoor, sowat 25 km suid van Peddie, is op 19 Desember 2020 deur vyf gewapende aanvallers beroof. Hulle het voorgegee dat hulle ’n probleem wil aanmeld, maar toe die polisiebeamptes nader stap, is hulle met vuurwapens gedreig.

’n R5-geweer en twee 9 mm-pistole is by die polisielede afgevat.

’n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Nqwenelo Thabata (40). Foto: Verskaf

Buite die polisiekantoor is nóg ’n polisielid oorrompel, sy voertuig afgevat en die rowers het daarmee weggery. Die polisievoertuig is later die dag sowat 2 km van die polisiekantoor af in die veld gevind.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, is die gesteelde R5-geweer op 16 Julie omstreeks 03:00 in ’n motor in Paterson, sowat 75 km van Gqeberha, gevind.

Die mense in die motor het uitgespring en weggehardloop toe hulle besef die polisie agtervolg hulle.

Die polisie se forensiese eenheid het blykbaar vingerafdrukke van Nqwenelo Thabata (40) op die stuurwiel van dié motor aangetref.

Die polisievoertuig wat in Desember 2020 deur rowers by die Moyeni-polisiekantoor gekaap is en toe later verlate in die veld daar naby gevind is. Foto: Twitter/ Yusuf Abramjee

’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is intussen uitgereik, maar verskeie pogings deur die Valke om hom op te spoor, was onsuksesvol.

Mgolodela sê volgens hul inligting het Thabata laas in Veeplaas, Motherwell, in die Gqeberha-gebied gewoon.

Enigiemand wat inligting het oor waar Thabata hom bevind, kan ao. Wiseman Mavundla by 082 778 0412 bel, of sers. Norton Ndabambi by 082 559 4613.

Meer oor:  Peddie  |  Vuurwapens  |  Rooftog  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.