Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Valke soek na vrou wat bedrog pleeg

Die Valke in die Oos-Kaap is op soek na ’n vrou wat haar voormalige werkgewer uit sowat R500 000 bedrieg het.

Rhonda Charlene Zeelie (35) is op 3 September in die handelshof in Port Elizabeth skuldig bevind, maar het versuim om op 18 Oktober vir haar vonnisoplegging op te daag.

Sy het as rekenmeester vir ’n maatskappy in die stad gewerk waar sy tussen 2017 en 2018 ongeveer R500 000 van die maatskappy se geld na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas het.

Rhonda Charlene Zeelie word gesoek nadat sy nie vir vonnisoplegging by die hof opdaag nie.

Luidens ’n verklaring van kapt. Anelisa Ngcakani, Valke-woordvoerder, het die Valke in Mei 2018 met ’n ondersoek na Zeelie begin nadat die maatskappy die bedrog-aktiwiteite aangemeld het.

Zeelie is in Mei 2019 in hegtenis geneem en sy is dieselfde dag op R2 000 borgtog vrygelaat.

Ná haar skuldigbevinding is sy weer op borgtog vrygelaat, maar is sedertdien nie weer by die hof gesien nie.

’n Lasbrief vir Zeelie se inhegtenisneming is uitgereik.

Ngcakani sê Zeelie is oorspronklik van Port Elizabeth.

Enigeen wat moontlik inligting het oor waar sy is, kan konst. Siviwe Lucwaba bel by 072 580 2553, of 041 408 2600.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.