Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Vals profeet’ vas ná tiener se verkragting

’n Man van Limpopo wat homself as ’n profeet beskou en ’n 16-jarige meisie glo verkrag het sodat sy “magiese kragte” sou kry, is agter tralies.

Die 31-jarige man het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Thohoyandou verskyn op aanklag van verkragting.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die beweerde verkragting het Sondagoggend in die Dzwerani-nedersetting buite Thohoyandou gebeur.

Die meisie was op pad na ’n kerkdiens toe die man haar sien loop en aan haar gesê het hy is ’n profeet.

Hy het haar oorreed om saam met hom na sy kerk toe te gaan.

“Op pad soontoe het hy vir haar gesê sy moet met hom seks hê om sodoende magiese kragte te kry. Sy het geweier, maar hy het haar toe glo verkrag,” sê Ngoepe.

Hy sal agter tralies bly tot hy op 7 September weer in die hof moet verskyn.

Die man het daarna glo swart klere wat hy by hom in ’n sak gedra het, vir die meisie gegee om aan te trek.

Hy het haar daarna gedwing om saam met hom na “sy kerk” toe te gaan.

“Almal in die kerk het net swart klere gedra,” sê Ngoepe.

Die meisie kon eers later die dag wegkom uit die gebou waar die “kerkdiens” was en het die polisie van haar nagmerrie vertel.

Die polisie het die man Maandag in hegtenis geneem.

Sy identiteit kan nie bekendgemaak word voordat hy gepleit het op die aanklag van verkragting teen hom nie.

Hy sal agter tralies bly tot hy op 7 September weer in die hof moet verskyn.

Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Verkragting  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.