Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vandale beskadig meer skole in Wes-Kaap

Daar was ’n toename in die getal skole wat oor die Paasnaweek deur vandale beskadig is, sê Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Daar was vanjaar 17 voorvalle teenoor 15 verlede jaar.

“Ondanks verskerpte veiligheidsmaatreëls by skole in die provinsie, is daar steeds oortreders wat ons skole beskadig. Dit is ’n groot bron van kommer. Ek is egter bly dat al die voorvalle minder ernstig is. ’n Voorval word as minder ernstig beskou as die koste van die skade minder as R100 000 is.

“Die skade is na raming R150 000, terwyl slegs die helfte van die skattings gedoen is,” sê sy.

Koperpype, elektriese kabels, rekenaartoerusting en skryfbehoeftes is onder meer gesteel.

“In sommige gevalle het die oortreders net die eiendom beskadig sonder om enigiets te steel. Ons moet die noodinstandhoudingsbegroting tot R30 miljoen verhoog.

“Dit is jammer dat ons soveel geld aan herstelwerk moet bestee weens vernielsug en inbrake. Ons moet eintlik hierdie geld gebruik om nuwe skole te bou, bestaande skole te verbeter en geleenthede vir die kinders te skep.”

Sy sê hoewel die departement probeer om skole met bykomende veiligheidsmaatreëls te beskerm, kan hy nie die beskadiging verhinder sonder die gemeenskap se ondersteuning nie.

“ ’n Skool is ’n gemeenskapsbate. Almal moet help om skole te beskerm, aangesien dit ’n fondament is vir die toekoms van ons kinders.”

* Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) maak nie die name van die skole wat beskadig is, bekend nie, omdat dit meer beskadiging kan aanmoedig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.