Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vandale maak GROOTfm se stem stil

Die radiostasie GROOTfm 90.5 se uitsaaistem was vir twee dae stil weens vandalisme.

Vandale het Sondag twee van GROOTfm 90.5 se geleierkabels geknip.

Nadat die stasie se tegniese span deur die nag gewerk het, is hulle weer “terug op die lug”, al is dit met ’n effens krapperige stem en verswakte sein.

Die stasie het Donderdag in ’n verklaring gesê die terugslag het hulle Sondag op hul vyfde verjaardag getref toe vandale dik geleierkabels geknip het.

“Die tegniese span het aanvanklik eers al die toerusting by die ateljees nagegaan, sowel as die sekondêre verbindingspunt in Moreletapark, waar daar geen probleme gevind is nie,” lui die verklaring.

Dit was toe reeds donker en die span kon nie ’n omvattende ondersoek by die toring op die Magaliesberg doen nie.

Daar is later gevind dat vandale die slot by die toring se beheerkamer afgekap het en twee van die kabels hoog op in die toring afgesny het.

“Die tegniese span het deurnag, sowel as Maandag gewerk om ’n tydelike oplossing te vind sodat GROOTfm 90.5 weer kon uitsaai.

“Die kabels is tydelik gelas met koppelings terwyl daar gewag word vir nuwe kabels, wat ongelukkig nie van ’n rak af gekoop kan word nie,” luidens die verklaring.

Dié kabels, wat hoog op in GROOTfm 90.5 se toring is, wat deur vandale afgeknip is.

Hoewel die stasie intussen weer kon uitsaai, verduidelik GROOTfm 90.5 dat dit met ’n verswakte sein is wat “krapperig klink en nie op alle plekke in die groter Pretoria duidelik gehoor kan word nie”.

Die stasie se bestuur en personeel het luisteraars en adverteerders bedank vir hul geduld en ondersteuning terwyl daar gewerk word om die volle seinsterkte te herstel.

Meer oor:  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.