Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vandale rig groot skade by Mosselbaai-strande aan
Die beskadigde paaltjies by die De Bakke-strand in Mosselbaai. Foto: Verskaf

Vandale het infrastruktuur by minstens vier strande in die Mosselbaai-omgewing beskadig.

In die jongste voorvalle is 10 paaltjies van ’n heining by De Bakke, ’n gewilde strand, “moedswillig” gebreek, ’n toilet by Santos-strand gevandaliseer, plafonne op Tweekuilen uit die dak gebreek en die ablusiegeriewe se mure by Danabaai met graffiti ontsier.

Die skade volg op soortgelyke voorvalle onlangs waar die opgeknapte netbalbane by die Van Riebeeck-sportstadion beskadig is kort nadat die kontrakteur die bane voltooi het, en die werk (wat sowat R250 000 beloop het) oorgedoen sal moet word.

In nog ’n voorval is ’n heining wat op aandrang van die gemeenskap opgerig is by die rugbyveld in Greenhaven, Groot-Brakrivier (in Mosselbaai se munisipale gebied), stuk-stuk weggedra of beskadig.

Die gebreekte toilet by Santos-strand.Foto: Verskaf
Die beskadigde plafonne by Tweekuilen. Foto: Verskaf
Graffiti op ’n muur by die ablusiegeriewe in Danabaai. Foto: Verskaf

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het die gemeenskap gevra om die skuldiges te identifiseer. Hy het die jongste voorvalle in ’n verklaring veroordeel. Volgens hom word Mosselbaai se ekonomie grotendeels deur toerisme bevorder. “Geen toeris sal strande besoek en geld op die dorp bestee as dít die toestande is wat hulle aantref nie.”

Hy sê geld wat vir die herstelwerk gebruik moet word kon beter aangewend gewees het om nog geriewe aan die gemeenskap te verskaf. Volgens hom beroof ’n paar kwaadwilliges die hele gemeenskap van vooruitgang, die ekonomie word benadeel en werkskepping ly daaronder. Hy sê dit is sinloos om voortdurend herstelwerk te doen waar moedswillige skade aangerig word.

Nickey le Roux, ’n munisipale woordvoerder, sê by navraag daar behoort teen einde van die week ’n beraamde syfer van die skade te wees.

“Daar is tans nie ’n benaderde bedrag nie omdat verskillende afdelings met die kosteberamings werk, byvoorbeeld die parke-afdeling moet die omheining by De Bakke herstel en die departement van omgewing en dié van infrastruktuurdienste van die ander skade. Ons behoort teen die einde van die week ’n beraamde bedrag te hê.”

Meer oor:  Mosselbaai  |  Vandale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.