Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vas vir kapings in Hoopstad én Warrenton

’n Man wat in Hoopstad in die Vrystaat in die hof verskyn het op ’n klag van kaping en roof, het Donderdag op soortgelyke klagte in die landdroshof in Warrenton verskyn.

Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die Noord-Kaapse eenheid vir georganiseerde misdaad onlangs die verdagte, Vincent Motlogela (30), vir beweerde kapings in hegtenis geneem.

Kock sê die Warrenton-polisiekantoor het op 1 Mei twee klagte van beweerde kapings, wat tussen 08:00 en 09:00 gebeur het, aangemeld.

Volgens die slagoffers is hulle deur drie onbekende mans in ’n silwer BMW sonder nommerplate onderskeidelik op die N8 en N12 gekaap.

’n Onbekende bedrag geld en vier selfone is in albei gevalle by die slagoffers geroof.

Volgens Kock het lede van die Noord-Kaapse eenheid vir georganiseerde misdaad op 11 Mei inligting ontvang dat ’n verdagte in Hoopstad op ’n klag van motorkaping in hegtenis geneem is. Die verdagte het ’n silwer BMW bestuur wat met die beskrywing van die voertuig wat in die kapings in Warrenton gebruik is, ooreengestem het.

Die slagoffers se beskrywing van die verdagte het ook ooreengestem.

Kock sê die eenheid ondersoek ook ander sake waarby die verdagte moontlik betrokke kon wees.

Die polisie het beslag gelê op die BMW omdat dit gebruik is om misdade te pleeg.

Die twee ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Meer oor:  Warrenton  |  Hoopstad  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.