Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Vas vir R7 miljoen se perlemoen

Twee buitelanders wat vandeesweek met sowat R7 miljoen se perlemoen by Colesberg aangekeer is, verskyn na verwagting Donderdag in die hof.

Die mans, onderskeidelik 38 en 52 jaar, is Dinsdag in ’n gesamentlike operasie tussen die Valke en die departement van landbou, bosbou en visserye op die N1-snelweg naby Colesberg in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê hulle het die twee mans se vragmotor onderskep en ná ’n deeglike ondersoek op 43 dose droë perlemoen afgekom wat sowat 860 kg weeg met ’n waarde van R7 miljoen.

Mnisi sê hulle is aangekeer en sal eersdaags in die hof verskyn.

Die perlemoen wat Dinsdag in twee buitelanders se besit gevind is.

Meer oor:  Colesberg  |  Stropers  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.