Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veearts van Krugersdorp in haar motor doodgeskiet
corli
Dr. Corli van der Walt

’n Veearts van Krugersdorp aan die Wes-Rand is Saterdagoggend in haar motor doodgeskiet.

Dr. Corli van der Walt (43) was op pad werk toe by die Bromhof-dierekliniek in Randburg toe sy geskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê sy is omstreeks 08:00 op die hoek van Bell-rylaan en Nordenstraat in Rangeview, Krugersdorp met verskeie skietwonde in haar bolyf in haar motor gevind.

“Die motief is nog onbekend. Ons ondersoek 'n moordsaak,” sê hy.

Die polisie moet nog verdagtes identifiseer.

Die Bromhof-dierekliniek het Van der Walt se dood bevestig en haar as ’n toegewyde en geliefde vriendin en kollega beskryf. Sy het vier jaar lank daar gewerk.

Netwerk24 wag vir meer inligting van die polisie en een van die kliniek se veeartse.

Volgens Van der Walt se profiel op die kliniek se webblad het sy twee dogters gehad.

Honderde mense het op die nuus van haar dood gereageer met boodskappe van hoe baie sy vir hul diere omgegee het.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Moord  |  Veearts  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.