Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veediefstal kos die land minstens R200 m. – kenner

Vee wat in die afgelope boekjaar gesteel is, het die Suid-Afrikaanse ekonomie minstens R200 miljoen gekos, sê Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum.

Die getal vee wat as gesteel aangemeld is, het van 1 April 2018 tot 31 Maart 2019 met 2,9% gestyg tot 29 672. Dié syfer het oor die voorafgaande twee boekjare met onderskeidelik 6,2% en 7,2% gestyg.

“Ons weet nog nie of die toename weens ’n styging in misdaad of ’n beter aanmeldsyfer deur boere is nie. In hierdie stadium is die aanmeldsyfer maar slegs sowat 20%.”

Clack sê die werklike getal vee wat gesteel word, is waarskynlik aansienlik hoër.

“As ons die land se boere sover kan kry om alle veediefstalle aan te meld, sal ons ’n beter prentjie kry van wat werklik aan die gang is,” sê hy.

Vroeër is berig dat die huiwerigheid om veediefstal aan te meld, deels toegeskryf kan word daaraan dat boere nie veel vertroue in die polisie het om die gesteelde diere terug te kry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.