Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veediefstal raak al hoe meer gewelddadig, sê VL

Die moord op twee polisielede in Noordwes dui daarop dat veediefstal hier al hoe meer in geweldsmisdaad ontaard.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), wys die toenemende geweld wat met veediefstal gepaardgaan daarop dat die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenwet die landbougemeenskap in gevaar stel, aangesien die wet hul reg op selfverdediging beperk.

Twee polisielede, konst. Simon Ngakaemang Ntsekeletsa en sers. Mojalefa Horatius Molete van die Mareetsane-polisiestasie in Noordwes, het op 26 Julie ’n verdagte voertuig wat vee vervoer, tydens hul patrollie gevind. Die lede is aangeval en vermoor.

VL het die moorde veroordeel en hul simpatie met die naasbestaandes betuig. VL het ook die polisie geloof vir die inhegtenisneming van vyf verdagtes in die saak.

Die moord op Brendin Horner in Oktober verlede jaar het dalk met veediefstal verband gehou, sê Vrystaat Landbou.

Volgens Tommie Esterhuyse, adjunkpresident van VL, waarsku die organisasies al jare lank dat veediefstal nie net ’n eiendomsverwante misdaad is nie.

Die ontledings van die VL se veiligheidskomitee toon dat 14% van plaasaanvalle en -moorde die afgelope vyf jaar met veediefstalle verbind kan word.

“Veediewe pleeg plaasaanvalle. Hulle daag gewapend by plase op om veral vee te roof en dikwels lei dit tot lewensverlies.”

Dr. Jane Buys, VL se veiligheidsrisiko-ontleder, sê daar was die afgelope jaar verskeie voorvalle waar veediewe in ’n skietery met die polisie of boere slaags geraak het. Die

voorvalle het plaasgevind by Kroonstad, Ficksburg, Clocolan, Hobhouse, Vanstadensrus, Bloemfontein, Thaba-Nchu en Zastron.

In die oorgrensgebied (tussen die Vrystaat en Lesotho) is die voorvalle meer en die veediewe is gewapen, sê Buys.

“Die moord op Brendin Horner in Oktober verlede jaar kan vermoedelik ook met veediefstal verbind word.”

VL versoek die polisie om hul lede by polisiekantore asook van veediefstal-eenhede toe te rus om hulself teen die geweld wat met veediefstal gepaard gaan, te beskerm en sodat hulle voldoende kan optree.

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, sê boere moet aanvaar dat veediewe gewapen is. Daarom moet hulle nie sommer gekonfronteer word nie.

Boere self moet gewapen wees vir hul eie verdediging. Hulle moet die landelike beveiligingsplan in hul gebied aktiveer wanneer hulle deur veediewe gekonfronteer word.

Meer oor:  Francois Wilken  |  Veediefstal  |  Vrystaat Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.