Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veediewe ‘bring Steynsrus-boere op hul knieë’

’n Jaar nadat boere van Steynsrus vyf vermeende veediewe gevang het, is die beskuldigdes steeds nie verhoor nie.

Veediefstal in die Oos-Vrystaat neem ongekende afmetings aan en vee word dikwels in minibussies en motors weggery van plase waar hulle gesteel is. Foto: Verskaf

Die vyf is ’n personeellid van die departement van korrektiewe dienste, Sello Mothobi (52), sy onderwyseres-vrou, Matsediso (52), en Alfonse Mofokeng (35), Montshedi Monatisa (43) en Geelbooi Tsekeli (25).

Hulle is na bewering in Januarie 2018 betrap met gesteelde skape in die bagasieruim van Mothobi se motor.

Die saak is van die hofrol geskrap omdat DNS-bewyse glo verdwyn het. Louis Koch, ’n boer van Steynsrus, sê die bewysstukke is glo nou weer opgespoor en die verhoor sal kan begin.

Boere van Steynsrus sê veediefstal in die gebied is besig om hulle op hul knieë te dwing. Tot soveel as 200 skape word maandeliks gesteel en die kanse dat iemand suksesvol vervolg word, is maar skraal.

Koch sê nie eens die feit dat mense op heterdaad met gesteelde vee betrap word, is skynbaar genoeg om hulle agter tralies te kry nie.

Ds. Arnold Smith van die NG Kerk in Steynsrus sê boere kry baie swaar omdat die aanslae teen hulle nooit ophou nie.

Boere bestee derduisende rand om self misdaad te voorkom en nie eens wanneer hulle self die misdadigers aan die polisie oorhandig, is daar resultate nie.

Tonele soos dié het veeboere teen die planke.

Smith sê hy weet van ’n boer wat onlangs R250 000 se verliese weens veediefstal gely het.

Ao. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê goeie vordering word gemaak met die ondersoek teen die Mothobi-egpaar en hul medebeskuldigdes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.