Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veediewe slaan toe, sny beeste keelaf

Veediewe het op ’n hoewe buite Polokwane toegeslaan en in twee afsonderlike voorvalle beeste keelaf gesny.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê agt beeskarkasse is Maandagoggend omstreeks 01:00 in die Palmietfontein-gebied langs die pad na die silikonmyn gekry.

Mojapelo sê dit lyk asof die diewe die skrik op die lyf gejaag is, want hulle het die bebloede karkasse net so in die veld gelos. Van die kapmesse wat gebruik is om die diere mee vrek te maak is ook in die veld gekry.

Een van 11 beeste wat keelaf gesny is op ’n hoewe buite Polokwane in Limpopo. Foto: SAPD

Dit is die tweede keer in twee dae dat veediewe op dieselfde hoewe toeslaan.

Mojapelo sê daar is Saterdag op ook op die einste hoewe drie beeste keelaf gesny. Die karkasse is in die veld opgesny en die diewe is met die vleis vort.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die voorvalle veroordeel en sê alles moontlik sal gedoen word om die skuldiges op te spoor.

Die polisie ondersoek ’n klag van veediefstal. Enigiemand met inligting wat kan help om die skuldiges aan te keer kan kapt. Lucky Ramashale by 082 371 8117 of die polisie se noodnommer by 10111 bel.

Een van die 11 beeste wat op ’n hoewe buite Polokwane in Limpopo keelaf gesny is. Foto: SAPD

Meer oor:  Polokwane  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.